Oct 1, 2010

Tot Siens: Ds. Daan


Ds. Daan van Wyk was ons gemeente se dominee van Februarie 2008.
Ds. Daan het bedank as leraar met ingang 1 September, en gaan voortaan by sy broer se maatskappy op Stellenbosch werk as Bemarker.
Ons wens Daan en sy Gesin 'n voorspoedige nuwe beroep toe!

Ons gemeente is van plan om spoedig 'n nuwe leraar te beroep. Intussen hanteer Di. Elsabe, Jan en Mia die dag tot dag bestuur van die gemeenteprogram.

Aug 11, 2010

Elsabe Bevestiging 1 Aug

Eerste Dowe Leraar in NG Kerk!

Posted by Picasa

Geskiedenis!

Geskiedenis is gemaak op 1 Augustus, toe die Eerste Dowe Leraar van die NG Kerk bevestig is by die NG Gemeente Worcester De la Bat. Vir Elsabé Döman is dit die hoogtepunt in 'n lang reis. Sy het in ...... klaargemaak by De La Batskool, daarna o.a. 'n Videowinkel besit. Na haar bekering, het daar in haar 'n passie gegroei om Dowes te help. Om 'n Dominee te word, was egter nie naastenby binne haar horison nie. Teologiese Kweekskole is nie toeganklik vir Dowes nie. Tog doen het Here 'n soewereine wonderwerk, en in 2006 word DCMA (Deaf Christian Ministry Africa) by die Nasionale Instituut vir Dowes geopen. Dit het egter 'n duidelike Roepingservaring een Sondagoggend in De la Batgemeente gekos voordat sy besef het dat die Here haar vir die bediening roep. Sy skryf in by DCMA, verwerf in 2009 'n vierjaar Gevorderde Diploma in Bybelse Bediening van Veritas Internasionaal, en word, saam met haar klasmaat, Anthony Salie die eerste Dowe gelegitimeerdes in die NG Kerk.

Met haar bevestiging is daar trane op amper elke Dowe gesig. "Pinksterdag het aangebreek vir Dowes, want nou kan ons die Evangelie in ons eie taal sien!" Haar kollegas is net so opgewonde: "Ons staan aan die begin van 'n heel nuwe Era, dié van die Dowe Pastor ", sê Ds. Daan van Wyk "Doof-tot-Doof bediening is soveel meer effektief as Horend-Dowe Bediening soos tot nou, en Elsabé het die ongelooflikste gawe om met kinders te werk. Sy maak my groen van jaloesie!" voeg hy skertsend by.  "Die mense wat sê dat God niemand voortrek nie, was nog duidelik nie in Dowe bediening nie", Sê ds. Mia Lintvelt, een van haar dosente by DCMA. "Wanneer daar Dowes betrokke is, sien ons God se wonderwerke duidelik."
Op die foto is Elsabé besig om die gemeente te lei in Gebaresang: "Jesus Lewe, Loof en Juig!" Saam met haar jubel die hele Dowe wêreld!
Posted by Picasa

Jun 6, 2010

Biddag vir die Ekologie 6 Junie 2010

Toe God die mens gemaak het, het Hy vir ons 'n opdrag gegee :
"Julle moet baie kinders kry en die aarde vol mense maak. Julle moet hoof wees oor die aarde en julle moet regeer oor die visse in die see, oor die voels in die lug en oor al die diere wat op die aarde beweeg."
Genesis 1:28
Die mens het die eerste deel van die opdrag baie goed gedoen: Die aarde is nou oorvol mense.
Maar die tweede deel: Om die aarde op te pas - dit het die mens nie goed gedoen nie. Ons is hoof van die aarde, en dit beteken dat ons die aarde moet versorg. Maar ons mors dit vuil, maak dit vol gif, roei plante en diere uit. Dit lyk my partykeer mense het verkeerd verstaan: Hulle probeer die aarde uitroei, eerder as oppas!
Kom ons maak saam 'n verskil: Hier is 4 maklike maniere:
  • Spaar: Water, krag, petrol
  • Herwin: Papier, glas, plastiek
  • Minder weggooidoeke vir ons babas
  • Gebruik weer en weer, en gebruik langer.
Kom ons geniet die pragtige Natuur wat God ons gegee het!
Kom ons sorg daarvoor  - elkeen van ons maak 'n verskil!

Jun 2, 2010

Nog fotos van die Doop

Die water lyk nie verniet so fris en skoon nie: Daar was nog sneeu op die Bolandse berge ! Dit was vriesend - verfrissend!

Ons eerste doop met baie water!

Op Sondag 30 Mei het ons ons eerste 5 Dopelinge met baie water gedoop. Hierdie vyf pragtige kinders van die Here is gedoop nadat hulle hulle geloof in die Erediens bely het. Op die Foto is van links  na regs: Lucky, Siyanda, Thobeka, Naledi en Sindisa. Heel regs staan Pumi Jemane, Finalejaar student van DCMA, en hulel geestelike Vader. Ds. Daan staan agter die groep. Bid asseblief vir hulle !

May 27, 2010

Sat. 22 Mei 2010: Deafsa Forum

Mauritz en Ds. Daan woon vandag Deafsa Forum by in die Kaap saam met 19 Dowe Studente, en Ds. Anthony kom saam met 20 Dowe leerders van Nuwe Hoop Sentrum.
Dowes word ingelig oor die proses rondom ongeliktheidstoelaes, dienste wat Deafsa bied, en ook Dept. Maatskaplike Ontwikkeling. Na die tyd neem ons die studente vir 'n lekker uitstappie na Leeukop en Kampsbaai. Die meeste van hulle het nognie die Kaap gesien nie.  Wat 'n voorreg om ook as gemeente hierby betrokke te wees om ons Jong Dowes te bemagtig!  Dankie dat U ons hierin bystaan.

May 19, 2010

Gospel Repentance


I Found this on the blog of "Provocative Church": A Quote from Timothy Keller's "Church Planter Manual":

“Legalistic remorse says, ‘I broke God’s rules,’ while real repentance says, ‘I broke God’s heart.’ Legalistic repentance takes sin to Mt. Sinai, gospel repentance to Mt. Calvary. Legalistic repentance is convicted by punishment, gospel repentance becomes convicted by mercy.”

Made me realize The BEAUTY of the Gospel of Jesus Christ.
Yes! When the Holy Spirit touches our lives we are immediately filled with guilt, remorse and sadness for all the sin we have done. When we look upon God's Holiness, we cannot help to cry Out like Isaiah: Woe to me!
NOT BECAUSE WE ARE AFRAID OF PUNISHMENT, BUT BECAUSE WE REALIZE HOW WE BROKE OUR LOVING FATHER'S HEART BY WHAT WE DID.
The motive is Love.

Mar 5, 2010

Basaar 2010


Baie dankie vir almal wat so mooi saamgewerk het om hierdie basaar 'n reuse sukses te maak!
Posted by Picasa

Halleluja!


Die Basaaropbrengs tot op datum is R 90 145. Die ooreenkoms was dat as die basaarinkomste meer is as R 90 000 in die week na die Basaar, Ds. Daan sy hare groen sal kleur. Indien dit meer is as R 100 000, sou hy op die Kerk se dak slaap vir een nag.
Kyk hoe mooi lyk hy met sy mooi groen hare!

Loof die Here vir Sy groot weldade!
Loof Hom vir Sy groot genade!
Hy sorg altyd vir ons.
Hy bly altyd getrou.
Loof Hom Oral
Loof Hom altyd.
Posted by Picasa

Jan 31, 2010

Jan 20, 2010

Week van Gebed 2010



Hierdie week fokus ons op Psalm 145.

Ons vra onsself af: Wie is God?

Ons ontdek:

-Hy tel mense wat val, weer op.

-Hy Is Naby

-Hy sorg - vir almal wat Hy gemaak het!

-Hy Is Groot en Goed!


Kom Loof die Here saam vir Sy Wonderdade!

Jan 16, 2010

Water en Wyn Sondag 16 Jan 2010


Joh 2:1-11

Jesus verander water in wyn by die troue in Kana.

Lees weer die gedeelte, en kyk mooi:

1. Jesus wil nie die wonderwerk doen nie. Die tyd is nog nie reg nie. Maar Maria laat haar nie afsit nie. Sy sê vir die kelners: "Doen wat Hy sê". En Jesus doen die wonderwerk. Het jy opgelet dat mense se geloofsverwagting selfs God se planne kan verander? Bid met nuwe ywer! Die gebed van 'n gelowige het groot krag! Jesus luister na jou.

2. Jesus doen Sy wonderwerk stilweg. Min mense sien wat gebeur. Hy gee die opdrag, en dit gebeur. Geen aankondigings, of Towerformules wat gesê word, of goedjies wat in die water gegooi word nie. Hy gee die opdrag, die mense doen dit, en die water is wyn. Wanneer het dit gebeur? Hoe het dit gebeur? Weet nie. Dit het net gebeur. God is vandag nog besig om wonderwerke rondom ons te doen. Meestal sien ons dit nie eens nie. Kyk mooi: Laat God jou verras!


3. Toe die bruidegom se planne deurmekaar raak, en sy geld opraak, is God daar om te help. Onthou dit. Jesus is 'n hulproep ver. Vra maar en vertrou.


4. Jesus verander nie water in rooikoeldrank nie. Hy verander dit in wyn. En Sy eerste wonderwerk is nie by 'n begrafnis nie, maar by 'n troue! onthou wat Hy gesê het: Ek het gekom dat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed! Heilig beteken nie depressief nie. Heilig beteken om alles wat mooi is, te geniet. Alles te eet wat God vir jou voorsit. En God daarvoor te dank! Heilig beteken om die LEWE te lewe, tot eer van God!


5. Het jy opgemerk daar is BAIE wyn gemaak? Meer as wat hulle kon drink? En dit ook GOEIE wyn? God is nie suinig nie. Hoekom is ons dan so suinig? Hoekom probeer ons altyd wegkom met so min moontlik gee? en verder: Hoekom verwag ons dan so min van Hom?


Here, Help my om nie so suinig te wees met die LEWE nie!
AMEN

Jan 11, 2010

Sondag 10 Jan


Dawid se Broer sê vir hom: Jy is parmantig! Gaan huistoe!
Die Koning sê vir Dawid: Jy kan nie, jy is te jonk! Te min Ervaring!
Goliat sê vir Dawid: Ek gaan jou vleis vir die voels en die Wilde diere voer!
Dawid sê:
Ek kom omdat God my gestuur het: God wat oor alles regeer!
Maak soos Dawid:
1. Fokus op God
2. Kies na wie jy luister
3. Onthou jou Roeping

NID Opening: 11 Jan 2010


NID Openingsgedagte vir 2010:
Jou verantwoordelikheid is soos die vrag op jou kruiwa. Jy kan nie verwag die kruiwa sal homself stoot nie!
As jy jou kruiwa neersit, dan staan hy ! Hy gaan homself nie verder stoot nie.
"If you want God to lead your ways, you have to be willing to move your feet!"

Ietsie van Dr. Hough


Jan 1, 2010

3 Desember was Internasionale Dag vir Gestremdes

Onthou dat ons baie Multi - Gestremdes in ons gemeente het!
DoofBlindes, Rolstoelgebruikers, Verstandelik Gestremdes, Mense met Geestesgesondheid - uitdagings. Kom ons sterkeres help die laste dra van hulle wat swaar het.
Moenie ophou om vir hulle te bid en vir hulle liefde te gee nie!Posted by Picasa

'n Lig vir die Nasies!