Mar 19, 2009

"God will make a way"

Die Israeliete was vasgekeer. Die Egiptiese weermag was vinnig van agter besig om hulle in te haal en hulle dood te maak. Voor hulle het die Rooisee gelê. Wat nou gemaak?
Jahweh (God die Vader se Ou Hebreeuse Naam) sê vir Moses: Neem jou stok, en slaan op die water. En die water van die Rooisee gaan oop. Die Israeliete kan droogvoets deur die see stap.
Maar toe dei Egiptenare agternakom, val die water weer terug, en die hele weermag verdrink.

Ek en jy kan weet: Soos wat Jahweh vir die Israeliete 'n pad deur die Rooisee gemaak het, so kan Hy ook vir ons 'n oplossing gee vir ons probleme vandag. Ons probleme lyk vir ons groot. Maar God maak maklik 'n plan.
Vertrou op Hom. Hy sal vir jou 'n verrassende uitkoms gee vandag.
(Ps. Die prentjie hierbo van die Internet afgehaal - hoop nie ek het iemand se kopiereg hierdeur deurmekaar gekrap nie!)

Mar 16, 2009

Outydse Pasga - ete

Op Vrydag 3 April het ons 'n Pasga -ete gehou, soos Jesus met Sy dissipels gedoen het. Ons was 33 mense, amper almal in Bybelse Klere, en het die Voorportaal van die Kerk opgetooi met palmtakke en die tafels met bont lappe om ons te herinner aan Palmsondag net daarna. Dit was 'n ongelooflike ervaring !
Ek self het nie geweet hoe baie van die momente van die Pasga is opgeneem in die Nagmaal nie, en hoe die Pasga op so 'n ongelooflike manier vooruitwys na Jesus nie!
Baie dankie aan almal wat gekom het, en ook vir almal wat help voorberei het. Baie spesiale dankie aan Gregory Hoy wat help opruim het.

Mar 14, 2009

Opening Shalom Nuwetehuis



Op Vrydag 13 Maart het ons die geweldige voorreg gehad om die nuwe Shalom Nuwetehuis (hoe kan ons dan sê dis 'n ouetehuis as dit so pragtig nuut is?) se Opening te beleef.


Ja, dis regtig 'n droom wat waar geword het !
Hier knip mev. Luttig die lint.

Basaar 28 Feb 2009

Kyk net hoeveel pret !


















Tannie Marie, Wat vir ons die Boereontbyt gemaak het, ontspan met 'n lekker koppie koffie, tevrede oor die sukses.



Die Uitdaging van hierdie basaar is: R 110 000, dan raak Ds. Daan se hare enige kleur wat die gemeente lus is! Ons trek nou al amper by R 90 000. Hoe lyk dit? Wie gaan help dat ons kyk of ons sy hare Groen kan maak?