Nov 12, 2008

Bejaarde Ete



Op 8 November 2008 het die Sosiale Kommissie 'n heerlike ete voorberei vir ons senior burgers. Die vrouens het 'n pragtige kleurvolle bord kos voorgesit. Maar daar was nie net kos vir die maag nie - ook kos vir die Gees! Die Werkende Jongmense het daarvoor gesorg. Niel Laufs het met die Snior burgers gepraat uit die Bybel, en Marilese, Enoch, Riaan, Colene en Lorna het die groep vermaak met goeie toneelspel. Dit was uitnemend, en die Senior burgers het vol dank vir die lekker kuier huistoe gegaan.
Baie dankie aan almal betrokke!

























DCSA Kamp


Op 7 - 8 November het Ds. Daan, Natale Roelofse, Edward, Jean-Louis en Jannie van Belkum saam met die DCSA mans gaan kamp in die Nuyvallei. Dit was 'n onvergeetlike ervaring ! Die manne is deur die bus by dei plaasopstal afgelaai, en moes daarvandaan stap tot by die kampplek. Ds. Daan se Trooper het die tente gebring. Ons is oor BAIE riviere, en 'n paar het taamlik nat anderkant uitgekom! Baie dankie aan Jannie vir sy Puik reëlings! Dit was wonderlik om God se Skepping op hierdie manier te kon beleef.

Man, that was an adventure!



Thanks Guys!



(And Thank You GOD for the Beautiful Nuy Valley!)

Werkende Jongmense Kamp

...Ek weet nie of Waterval Kampterrein ooit weer dieselfde sal wees nadat hierdie klomp jongmense daar was nie!
Op ons kamp is lekker gesels, gespeel, geswem en geëet. Tussendeur het ons vriendskap met die Bellville - groep versterk, en ook ons verhouding met God opgeknap. Riaan het die Sport en Ontspanning hanteer op 'n hoogs professionele manier, en Ds. Rocco het vir die Geestelike Leiding gesorg. Ds. Daan het gesorg dat almal se magies vol is, en Liewe Jesus het gesorg vir die mooiste Waterval wat jy in jou lewe nog gesien het! Kyk by fotos hier onder die mooiste preekstoel ooit, toe Ds. Daan Sondagoggend se Erediens daar by die Waterval gehou het.
Volgende jaar is dit weer Belville se beurt om die Jeugkamp te reël.




















Werkende Jongmense Kamp Sondag se Buitelug - Erediens







Oct 31, 2008

Ps 49:8

Een mens kan nie 'n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie, hy kan nie vir God betaal om die persoon vry te maak nie. Om te betaal vir sy lewe sal te veel kos.

Oct 11, 2008

DVD's

Ons maak DVD's van ons Eredienste en Jeugdienste. Die kwaliteit is nie proffessioneel nie, maar die doel is om dit vir Dowes wat nie naby 'n Dowe gemeente is nie, te bemoedig.
Bestel by Ds. Daan of Skriba. Koste R 20 plus posgeld. Inhoud: Gewoonlik 4 of 5 preke.