Nov 8, 2009

Vervoer Kerk toe


Het u geweet?
Die Gemeente se bussie tel mense gratis op vir Kerk vir De la Bat of Nuwe Hoopse eredienste.
SMS ds. Daan 0835130558 om reëlings te tref.

Nov 7, 2009

Loslitdag vir Jesus


Op Vrydag 13 November is dit Loslitdag vir Jesus. Trek 'n wit T - Hemp en Jeans aan werk toe om te wys dat Jesus jou Here is!

Huidige Reeks: Ten Commandments

More Pics @ MySpaceAntics.com
- Myspace Layouts,Graphics, and Comments!



Hierdie Week:



(Jy mag nie steel nie)

Kaapstad, hier kom ons!


Heaya! Ons werkende Jongmense gaan Kaap toe met die Trein!
Saterdag 14 November klim ons die trein om 05h00 in Worcester, ry Kaap toe en dan al met die Kus langs tot in Simonstad. Lekkerrrr kuier ! kontak ds. Daan as jy wil saamry!




Oct 4, 2009

Ps 36:6



Here, U doen wat U belowe het,
U doen dit ook op die aarde en in die hemel,
U bly dieselfde, hier en ook tussen die wolke

Jul 1, 2009

Dowe Domineesvroue en Vroue van Teologiese Studente hou kamp
























Die vroue van die Dowe Teologiese Studente en die vroue van die Leraars vir Dowes het 13-15 Junie in Stilbaai gaan kamp.
Ons verneem dat die vrouens NIKS van hulle mans geskinder het nie, maar mekaar baie mooi ondersteun het. Baie dankie aan dr. Hough van Bellville wat die kamp gereel het, en Ds. en Mev. Viljoen wat hulle in Stilbaai ontvang het.

Plaaskuier vir Dowe Jongmanne


Ds. Daan het 'n klompie van sy belydenisklas - manne saamgevat plaas toe vir die langnaweek 13-15 Mei 2009. Ons het skaap bymekaargemaak, lammers gemerk, stertjies gebraai en gejag. (En baie poel gespeel !) Sommige van ons het ons harte en ons ore verloor ! (Private Grappie)
Die Here het Sy Natuur darem wonderlik gemaak! Dankie Here vir die voorreg om dit te mag beleef!

EAPC Paintball 20 Junie 09



Op 20 Junie het ons saam met die Werkende Jongmense van Bellville Paintball gespeel. Sjoe ! Dit was lekker !
Ek het nou nog (10 dae later) 'n blou kol op my boud !
Baie dankie vir almal wat kom saamspeel het, veral ons Bellville boeties en sussies.
Julle is Great!
Ps. het iemand nie dalk 'n foto van die dikbek - dominee nie?

Apr 1, 2009

Quotemeal: "Faith makes it possible, ..."

-/\/\-----------------------------------------------------------------
\ / QUOTEMEAL from HEARTLIGHT -- http://www.heartlight.org/
--\/------------------------------------------------------------------


Faith makes it possible, not easy.

-- Sally Nguyen


Mar 19, 2009

"God will make a way"

Die Israeliete was vasgekeer. Die Egiptiese weermag was vinnig van agter besig om hulle in te haal en hulle dood te maak. Voor hulle het die Rooisee gelê. Wat nou gemaak?
Jahweh (God die Vader se Ou Hebreeuse Naam) sê vir Moses: Neem jou stok, en slaan op die water. En die water van die Rooisee gaan oop. Die Israeliete kan droogvoets deur die see stap.
Maar toe dei Egiptenare agternakom, val die water weer terug, en die hele weermag verdrink.

Ek en jy kan weet: Soos wat Jahweh vir die Israeliete 'n pad deur die Rooisee gemaak het, so kan Hy ook vir ons 'n oplossing gee vir ons probleme vandag. Ons probleme lyk vir ons groot. Maar God maak maklik 'n plan.
Vertrou op Hom. Hy sal vir jou 'n verrassende uitkoms gee vandag.
(Ps. Die prentjie hierbo van die Internet afgehaal - hoop nie ek het iemand se kopiereg hierdeur deurmekaar gekrap nie!)

Mar 16, 2009

Outydse Pasga - ete

Op Vrydag 3 April het ons 'n Pasga -ete gehou, soos Jesus met Sy dissipels gedoen het. Ons was 33 mense, amper almal in Bybelse Klere, en het die Voorportaal van die Kerk opgetooi met palmtakke en die tafels met bont lappe om ons te herinner aan Palmsondag net daarna. Dit was 'n ongelooflike ervaring !
Ek self het nie geweet hoe baie van die momente van die Pasga is opgeneem in die Nagmaal nie, en hoe die Pasga op so 'n ongelooflike manier vooruitwys na Jesus nie!
Baie dankie aan almal wat gekom het, en ook vir almal wat help voorberei het. Baie spesiale dankie aan Gregory Hoy wat help opruim het.

Mar 14, 2009

Opening Shalom Nuwetehuis



Op Vrydag 13 Maart het ons die geweldige voorreg gehad om die nuwe Shalom Nuwetehuis (hoe kan ons dan sê dis 'n ouetehuis as dit so pragtig nuut is?) se Opening te beleef.


Ja, dis regtig 'n droom wat waar geword het !
Hier knip mev. Luttig die lint.

Basaar 28 Feb 2009

Kyk net hoeveel pret !


















Tannie Marie, Wat vir ons die Boereontbyt gemaak het, ontspan met 'n lekker koppie koffie, tevrede oor die sukses.



Die Uitdaging van hierdie basaar is: R 110 000, dan raak Ds. Daan se hare enige kleur wat die gemeente lus is! Ons trek nou al amper by R 90 000. Hoe lyk dit? Wie gaan help dat ons kyk of ons sy hare Groen kan maak?

Feb 19, 2009

Program vir die res van Maart

15 So Oggend en Aand Ds. Daan preek
20-22 Belydenisklaskamp
22 So Net Oggenddiens. Ds. Daan preek
25 Wo DCSA Bybelstudie
28 Sa Werkende Jongmense Ysskaats Grand West

29 So Ruil met Nuwe Hoop: Tony Salie preek
29 So aand: 18h30 KRUISTOG