Jan 31, 2010

Jan 20, 2010

Week van Gebed 2010



Hierdie week fokus ons op Psalm 145.

Ons vra onsself af: Wie is God?

Ons ontdek:

-Hy tel mense wat val, weer op.

-Hy Is Naby

-Hy sorg - vir almal wat Hy gemaak het!

-Hy Is Groot en Goed!


Kom Loof die Here saam vir Sy Wonderdade!

Jan 16, 2010

Water en Wyn Sondag 16 Jan 2010


Joh 2:1-11

Jesus verander water in wyn by die troue in Kana.

Lees weer die gedeelte, en kyk mooi:

1. Jesus wil nie die wonderwerk doen nie. Die tyd is nog nie reg nie. Maar Maria laat haar nie afsit nie. Sy sê vir die kelners: "Doen wat Hy sê". En Jesus doen die wonderwerk. Het jy opgelet dat mense se geloofsverwagting selfs God se planne kan verander? Bid met nuwe ywer! Die gebed van 'n gelowige het groot krag! Jesus luister na jou.

2. Jesus doen Sy wonderwerk stilweg. Min mense sien wat gebeur. Hy gee die opdrag, en dit gebeur. Geen aankondigings, of Towerformules wat gesê word, of goedjies wat in die water gegooi word nie. Hy gee die opdrag, die mense doen dit, en die water is wyn. Wanneer het dit gebeur? Hoe het dit gebeur? Weet nie. Dit het net gebeur. God is vandag nog besig om wonderwerke rondom ons te doen. Meestal sien ons dit nie eens nie. Kyk mooi: Laat God jou verras!


3. Toe die bruidegom se planne deurmekaar raak, en sy geld opraak, is God daar om te help. Onthou dit. Jesus is 'n hulproep ver. Vra maar en vertrou.


4. Jesus verander nie water in rooikoeldrank nie. Hy verander dit in wyn. En Sy eerste wonderwerk is nie by 'n begrafnis nie, maar by 'n troue! onthou wat Hy gesê het: Ek het gekom dat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed! Heilig beteken nie depressief nie. Heilig beteken om alles wat mooi is, te geniet. Alles te eet wat God vir jou voorsit. En God daarvoor te dank! Heilig beteken om die LEWE te lewe, tot eer van God!


5. Het jy opgemerk daar is BAIE wyn gemaak? Meer as wat hulle kon drink? En dit ook GOEIE wyn? God is nie suinig nie. Hoekom is ons dan so suinig? Hoekom probeer ons altyd wegkom met so min moontlik gee? en verder: Hoekom verwag ons dan so min van Hom?


Here, Help my om nie so suinig te wees met die LEWE nie!
AMEN

Jan 11, 2010

Sondag 10 Jan


Dawid se Broer sê vir hom: Jy is parmantig! Gaan huistoe!
Die Koning sê vir Dawid: Jy kan nie, jy is te jonk! Te min Ervaring!
Goliat sê vir Dawid: Ek gaan jou vleis vir die voels en die Wilde diere voer!
Dawid sê:
Ek kom omdat God my gestuur het: God wat oor alles regeer!
Maak soos Dawid:
1. Fokus op God
2. Kies na wie jy luister
3. Onthou jou Roeping

NID Opening: 11 Jan 2010


NID Openingsgedagte vir 2010:
Jou verantwoordelikheid is soos die vrag op jou kruiwa. Jy kan nie verwag die kruiwa sal homself stoot nie!
As jy jou kruiwa neersit, dan staan hy ! Hy gaan homself nie verder stoot nie.
"If you want God to lead your ways, you have to be willing to move your feet!"

Ietsie van Dr. Hough


Jan 1, 2010

3 Desember was Internasionale Dag vir Gestremdes

Onthou dat ons baie Multi - Gestremdes in ons gemeente het!
DoofBlindes, Rolstoelgebruikers, Verstandelik Gestremdes, Mense met Geestesgesondheid - uitdagings. Kom ons sterkeres help die laste dra van hulle wat swaar het.
Moenie ophou om vir hulle te bid en vir hulle liefde te gee nie!Posted by Picasa

'n Lig vir die Nasies!