Jul 1, 2009

Dowe Domineesvroue en Vroue van Teologiese Studente hou kamp
























Die vroue van die Dowe Teologiese Studente en die vroue van die Leraars vir Dowes het 13-15 Junie in Stilbaai gaan kamp.
Ons verneem dat die vrouens NIKS van hulle mans geskinder het nie, maar mekaar baie mooi ondersteun het. Baie dankie aan dr. Hough van Bellville wat die kamp gereel het, en Ds. en Mev. Viljoen wat hulle in Stilbaai ontvang het.

Plaaskuier vir Dowe Jongmanne


Ds. Daan het 'n klompie van sy belydenisklas - manne saamgevat plaas toe vir die langnaweek 13-15 Mei 2009. Ons het skaap bymekaargemaak, lammers gemerk, stertjies gebraai en gejag. (En baie poel gespeel !) Sommige van ons het ons harte en ons ore verloor ! (Private Grappie)
Die Here het Sy Natuur darem wonderlik gemaak! Dankie Here vir die voorreg om dit te mag beleef!

EAPC Paintball 20 Junie 09



Op 20 Junie het ons saam met die Werkende Jongmense van Bellville Paintball gespeel. Sjoe ! Dit was lekker !
Ek het nou nog (10 dae later) 'n blou kol op my boud !
Baie dankie vir almal wat kom saamspeel het, veral ons Bellville boeties en sussies.
Julle is Great!
Ps. het iemand nie dalk 'n foto van die dikbek - dominee nie?